Porno? Julie 29, 2008
Posted by Kaal Kop in Kaalkop praat.12 comments
Hoekom is mans so mal oor pornografie? Die kommin huis opnames op you tube …… Dis vir my so swak smaak! My man wil he ek moet dit saam met hom kyk voor hy met my besig raak. Dit walg my so!! Ek voel dan tweedehands en kan dan gladnie klimaks bereik! Is ek agter die tyd?
Hoe kom ‘n man uit die kloue van pornografie? Hoe kan hy van beter weet, sonder dat ek vir hom probeer preek? Dis vir my walglik en hy dink ek is “nie lekker nie”….!!
So werk dit nou! Julie 25, 2008
Posted by Kaal Kop in Kaalkop praat.add a comment
Die Wolf was so gaaf om my te help om ‘n user-account te skep. Dit beteken julle sal kan inlog en skryf met die volgende details:
username: onsgeheime
password: kaalkopbieg
Die email adres vir users is: kaalkopbieg@gmail.com
Die emailpassword is: hierbiegons
Al wat anders is, is dat julle dan regs die “Submit for Review” knoppie druk en ek sal elke dag kom en die posts publish, as Administrator. Ek gee my woord dat ek nie aan julle posts sal verander of karring nie, solank dit nie regtig ernstig ‘n klomp gemors is waarin iemand van ander blogs onnodig aangeval en beledig word en kras taal gebruik word nie. Ek sal ook jou post binne 24 uur publish.
Ek skryf tans as ‘n user, om seker te maak dit werk. Ek gaan ook nou die administrator se password verander. Dus, log soos bo in van nou af en gelukkig sal niemand dan weer ons blog kan kom opmors of delete nie!
WOLF – ek skuld jou big time. Laat weet as jy in die Kaap is
Hoe sou jy dit hanteer! Julie 24, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.12 comments
Hoe sal julle dit hanteer, as jy op jou man se rekenaar gesien het hy was by iol se dating site en die girl op wie se data hy ingegaan het is baie ontstellend: lank, slank, blond, geskei, ryk…… verder baie geheimsinnig, en om dit kersie op die koek te sit, sy woon net om die draai van jou af…..
Ek wonder maar net….!!
Vriendin…. of flerrie….? Julie 24, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.4 comments
Een van my beste vriendinne stuur vir my baie gereeld baie mooi en geestelike e-posse. Nadat ek so bietjie my oe oopgehou het, het ek agtergekom dat sy vir my man eposse stuur: effens onder die belt en suggestiewe grappies en prentjies…. Hulle werk saam…… Dit word nie vir my aangestuur nie! Is dit verkeerd? Hulle is elke dag in mekaar se geselskap en hy is haar senior hoof…. Probeer sy dalk iets anders…. Lustige vroumense kan baie skade aanrig!
Is dit waaroor ‘n huwelik gaan….? Julie 24, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.5 comments
Ek weet nie waar om hierdie storie te begin nie….
Ek is nog my lewe lank nederig en onderdanig – aan almal om my, dis soos my man my 24 jaar terug ontmoet het. Dit is hoe ek is, wie ek is, van kinderjare af!
Hy glo dat daar nie iets is soos liefde nie….:”dis ‘n mens-gemaakte ding….”
Onder andere is daar ook nie iets soos liefde maak nie…… “Ek maak nie liefde nie…. Ek soek plain fokken kommen seks, spyker, stamp, stood, naai, noem dit enige iets…. Noem my maar wat jy wil, maar dit is vir my lekker…”
Ek het hom gevra om asb net EEN ding in sy lewe vir my te doen: Dis om vir my respek te he en my lief te he……. Sy antwoord: “Respek moet verdien word….”
Hoekom het ek iemand lief wat so ongenaakbaar is teenoor my. Ek voel soos ‘n veilige stortingsterrein…… Ek se gereeld vir hom dat ek hom liefhet, maar volgens hom moet ek dit weet, want ek het ‘n huis, ‘n kar, kos en klere….” Die keer of twee wanneer hy wel vir my se dat hy my liefhet, se hy net daarna: “Ek se dit, want ek weet dit is wat jy wil hoor….”
Ek het al in die afgelope 16 jr gehoor dat ek nie ‘n ma se gat is nie….
Ek sit heel dag en niks doen nie…. (Ek het nie eens vriendinne nie), as hy bel dat ek iets moet doen, moet ek dit dadelik doen. Van sy personeel het ook al vir my gese dat hy gese het hoe sleg is ek…..
Ek word bevraagteken as ek kerk toe gaan, die kerk is ook al hoeveel keer sleg gemaak, het selfs van kerk verander! Hy glo natuurlik nie in my Skepper nie
Verstaan ek verkeerd waaroor dinge gaan in die lewe…? Wie het dalk ‘n selfbeeldprobleem?
Ek begeer net dat my man my moet respekteer en ook met respek kan liefkoos en lief wees……
Is love really blind or am I just stupid??? Julie 23, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.add a comment
I don’t really want to confess anything… I just need to know if I’m crazy for doubting my boyfriend… I really don’t care about his past relationships and we talk openly about it. We both got pretty hurt in the past and are kind off taking things easy in this relationship. The thing is… I really love him with all my heart and most of the time I know he does too. BUT, there’s always a bloody but…. I sometimes get the feeling that he is not quite over this ons person he had in his life… even though he was the one that ended it. There’s just a lot of little things that I cought over time and it kind of makes me uneasy. Like he wants me to be her or that I’m reminding him of her and that he is trying to push me in that direction in a very subtle way.
I don’t know anymore… maybe I’m just seeing things that aint there or maybe I’m just being paranoid. I haven’t said anything and I try not to think of it ’cause I don’t want to spoil what we have. It feels like I’m ignoring a red light though, and maybe I am because love is blind???? Or maybe I’m just scared shitless of getting in to deep and ending up hurting like hell. Guess I’m already in to deep to back out, not that I want to. I’m just going crazy thinking about all this stuff and I can’t really talk to anyone about it.
All I know is that I do love him and I really do think he loves me, but does he love me for me or because I remind him of someone else????
Ek “bargain” met God Julie 23, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.2 comments
Ek maak “bargains” met die Here. Ek is gelowig en ek bid gereeld, al lees ek nie baie Bybel nie. En ek bid altyd om dankie te sê vir my seëninge. Maar somtyds is iets vir my so verskriklik belangrik dat ek met die Here “bargain”. As Hy my sal help met iets, dan sal ek iets anders doen of nie meer doen nie. En ek kom gewoonlik my deel van die “bargain” na, as die Here sy deel nakom.
Gisteraand het ek dit weer gedoen. Gisteraand het ek belowe om iets af te lê wat vir my baie moeilik is, as Hy my help. Hy het my gehelp en nou moet ek my kant bring. Ek sal, maar ek weet ook dit was een van die moeilikste “bargains” wat ek ooit gemaak het.
En ek wonder ook of ek sondig deur met God te “bargain”. As dit sonde was, sou Hy my dan nie al lankal gestraf het nie? Want eintlik is ek bo verwagting geseënd.
En ek wonder of ek al een is wat met God “bargains” maak.
Fluistering Julie 23, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.add a comment
Almal wat
agter
bakhande
fluister kyk,
verwarring op
gesigte
hoe kon sy
die baba
weggee
moeder is sy
geen liefde
verdwalende
afgrond
skokkend bly
hul staar
verafsku haar
Moet ek bieg? Julie 23, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.add a comment
Ek verstaan hierdie blog is die inding, niemand weet wie jy rerig is of enige iets nie jy is anoniem.
So hoe bieg ek hierdie storie?
Kom ons noem die man P en die girl (dis ekke). Ons het seker so paar weke terug ontmoet. Alles is magic. Intussen word jou lewe omgekeer. Sondagaand lê ek in sy arms en wonder so by myself – hierdie is die plek waar ek warmte kry – en liefde al is dit nog nie in soveel woorde uit gespreek nie. Maar ek weet hy gebruik my net – en dis tog wat ek die beste gedoen kry om gebruik te word!!!!!!
Ek is ‘n ander vrou Julie 23, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.add a comment
Dit het per ongeluk gebeur, nie iets wat ons beplan het nie.
Ek was sy beste vriend, sy enigste vriend, lank voordat hy haar ontmoet het. Ons was selfs verloof. Dit sou nie werk nie, daarom het hy sy heil by haar gaan soek. Hy het haar gevra om te trou met my toestemming. Ek het hulle die beste geluk in die wereld toegewens.
Toe kom die groenoog monster. Sy het ons vriendskap nie aanvaar nie, sy dwing hom om skelm te wees. Ek is lief vir hom soos ‘n broer, niks meer nie. Ja, ons gedra ons soos platoniese vriende, maar omdat dit skelm is, is dit onvergeloofd. En voel ek skuldig, want ek sien dit werk nie tussen hulle nie. Ek is sy klankboord.
Ek het haar my vriendskap gebied, sy het dit verwerp. Moet ek nou ‘n baie goeie vriend opoffer?


