Ek “bargain” met God Julie 23, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.trackback
Ek maak “bargains” met die Here. Ek is gelowig en ek bid gereeld, al lees ek nie baie Bybel nie. En ek bid altyd om dankie te sê vir my seëninge. Maar somtyds is iets vir my so verskriklik belangrik dat ek met die Here “bargain”. As Hy my sal help met iets, dan sal ek iets anders doen of nie meer doen nie. En ek kom gewoonlik my deel van die “bargain” na, as die Here sy deel nakom.
Gisteraand het ek dit weer gedoen. Gisteraand het ek belowe om iets af te lê wat vir my baie moeilik is, as Hy my help. Hy het my gehelp en nou moet ek my kant bring. Ek sal, maar ek weet ook dit was een van die moeilikste “bargains” wat ek ooit gemaak het.
En ek wonder ook of ek sondig deur met God te “bargain”. As dit sonde was, sou Hy my dan nie al lankal gestraf het nie? Want eintlik is ek bo verwagting geseënd.
En ek wonder of ek al een is wat met God “bargains” maak.



Onkunde is nie sonde nie en tog sal jy nog agterkom, dat jy nie werklik met God kan “bargain” (onderhandel) nie, want alles behoort aan God en ons kan maar net dankoffers bring.
Ek voel nou weer anders. my mening is, dit gaan oor jou sienspunt rondom jou bargain met God. ek het ook al vir God gesê van nouaf belowe ek om my volle tiende te gee, as God my gaan help uit my skuld uit, ek het my volle tiende gegee, en God het my gehelp, nie uit al my skuld nie, maar dis besig. ek het ‘n ooreenkoms met GOd aangegaan, maar die verskil is, partykeer se God vir ons ja, nee of wag. en as God vir jou se nee, of wag, dan beteken dit jy moet bly vertou op hom want alles gebeur met ‘n doel en God maak vir jou soms deure oop en dan ander deure weer toe. so jy kan maar met God bargain, ek dink nie daar is fout daarmee nie, elkeen het ‘n anderste verhouding met God en as dit jou persoonlikheid is, dan is dit reg, onthou net om GOd te eer en loof in alles wat jy dink, doen en se. kom nogsteeds jou bargain na, al kom God nie sy bargian dadelik na nie, en bly op hom vertou. dan sal Hy jou seën want GOd kyk na ons met sagte oë en God oordeel ons nie, ons oordeel ons self. en as jy skuldig voel bely dit voor God jys klaar vergewe.
ek wil jou uitdaag om op facebook te gaan soek vir KRUISPAD GEMEENTE en join daar, dis spesiaal net vir jou! God het dit op jou pad gesit, gaan kyk gerus, daar is video clips waarby jy gaan baat! en ek kan dalk nie die beste raad gee nie, maar ek sal jou vraag vir jou antwoord deur die regte persoon. hoop om jou daar te kry. eks die administrator.