Waarheen nou? Julie 23, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.trackback
Het op die volgende “happie” afgekom op www.woes.co.za , ek voel ook so:
Geheime (deur Blanche Kriel)
Het jy al ooit op ‘n punt gekom waar jy moeg is om jou geheime te dra? Nie die klein geheimpies soos ” ek is dood bang vir honde ” of ” ek sal nooit eerste erken ek hou van iemand nie” Nee… die swaar geheime.
Daai donker kolle in jou hart waar jy jou lip byt as jy net daaraan dink. Daai geheime wat jou wakker hou in die nag… daai geheime wat jou siel stukkie vir stukkie opvreet. Hoeveel sal jy doen om daardie geheime te beskerm?
Hoeveel keer sal jy JESUS verloon, jou hand op die Bybel plaas en belowe dat jy geen donker geheime het nie. Hoeveel keer? Hoeveel mense sal jy wegstoot want hulle kom te naby aan die waarheid? Hoeveel mense?
Ek was bereid om alles op te gee, om te lieg tot ek dood gaan eendag. In die fliek “the aviator” se leonardo dicaprio die volgende “people only believe what you tell them”, ek het my eie weergawe – mense sien net wat jy vir hulle wys…
Ek het al my geheime opgegee vir die waarheid en ek voel so kaal, so leeg, so alleen. Snaaks hoe gewoond mens kan raak aan daardie bang gevoel diep binne jou, daai “wat as iemand uitvind” vrees. Ek mis daardie gevoel. Ek mis die idee dat niemand my regtig ken nie.
Die waarheid is nou uit maar ek moet met jou eerlik wees daar is geen regte relief nie… net die wete dat dinge met God nou reg is. Is dit genoeg? Gaan daardie wete my beskerm as iemand regdeur my kyk en oordeel? Gaan dit? Antwoord my! want ek weet nie.
Waarheen nou?



ek hoor wat jy sê, maar wat is vir jou meer belanrik? God of wat die ander mense van jou dink? miskien het jy dalk nog nie vir God werklik in jou lewe ontdek nie, en die dag as jy hom ontdek het, sal jy weet, dat jy weet, dat jy weet jy is vry!! jy gaan nie meer leeg en alleen voel nie, dis die liefde van GOd wat binne jou is, en jy gaan borrel met dit, kan ek jou aanraai om op facebook te gaan soek vir KRUISPAD GEMEENTE? ek is die admin daar en ek is eerlik met jou, God was ook daar eenkant iewers in my lewe, en ek het Hom ontdek!! ek belowe jou, my lewe het so verander!! eks baie dankbaar, ek was vrek bang in die aande om te slaap, (‘n ding van tiener jare af, aangeval deur swartes) maar ek is nie meer bang nie, God is by my en ek voel hom. het jy al ooit ‘n begeerte gekry om bybel te lees en kerk toe te gaan? dit was vir my die boringste ding om te doen, maar nou is dit al wat ek doen, ek kan nie wag vir elke sondag nie, ek wil die Here net loof en prys. want ek borrel