Is dit waaroor ‘n huwelik gaan….? Julie 24, 2008
Posted by kaalkop in Kaalkop praat.trackback
Ek weet nie waar om hierdie storie te begin nie….
Ek is nog my lewe lank nederig en onderdanig – aan almal om my, dis soos my man my 24 jaar terug ontmoet het. Dit is hoe ek is, wie ek is, van kinderjare af!
Hy glo dat daar nie iets is soos liefde nie….:”dis ‘n mens-gemaakte ding….”
Onder andere is daar ook nie iets soos liefde maak nie…… “Ek maak nie liefde nie…. Ek soek plain fokken kommen seks, spyker, stamp, stood, naai, noem dit enige iets…. Noem my maar wat jy wil, maar dit is vir my lekker…”
Ek het hom gevra om asb net EEN ding in sy lewe vir my te doen: Dis om vir my respek te he en my lief te he……. Sy antwoord: “Respek moet verdien word….”
Hoekom het ek iemand lief wat so ongenaakbaar is teenoor my. Ek voel soos ‘n veilige stortingsterrein…… Ek se gereeld vir hom dat ek hom liefhet, maar volgens hom moet ek dit weet, want ek het ‘n huis, ‘n kar, kos en klere….” Die keer of twee wanneer hy wel vir my se dat hy my liefhet, se hy net daarna: “Ek se dit, want ek weet dit is wat jy wil hoor….”
Ek het al in die afgelope 16 jr gehoor dat ek nie ‘n ma se gat is nie….
Ek sit heel dag en niks doen nie…. (Ek het nie eens vriendinne nie), as hy bel dat ek iets moet doen, moet ek dit dadelik doen. Van sy personeel het ook al vir my gese dat hy gese het hoe sleg is ek…..
Ek word bevraagteken as ek kerk toe gaan, die kerk is ook al hoeveel keer sleg gemaak, het selfs van kerk verander! Hy glo natuurlik nie in my Skepper nie
Verstaan ek verkeerd waaroor dinge gaan in die lewe…? Wie het dalk ‘n selfbeeldprobleem?
Ek begeer net dat my man my moet respekteer en ook met respek kan liefkoos en lief wees……



Jammer om dit te sê, maar as jou man jou na 16 jaar nou nog nie met respek behandel nie en so afkraak soos jy beskryf, sal hy sekerlik nooit verander nie. Hoekom bly jy hoegenaamd nog by hom? Net jy ken jou omstandighede, maar selfs as jy geheel en al finansieël van hom afhanklik is, is daar tog beter opsies as ‘n liefdelose, respeklose huwelik met ‘n man wat nie eers jou geloofsoortuiging respekteer nie. Nee wat, ek leef veel eerder in tydelike armoede in ‘n eenslaapkamerwoonstel met slegs my selfrespek en die vooruitsig van ‘n gelukkige en vreedsame lewe sonder ‘n buffel. Vele het dit al gedoen (sommige selfs met klein babatjies) en nooit weer teruggekyk nie.
Dis plain sielkundige mishandeling. Hy donder jou dalk nie maar die idioot is n klein mannetjie wat jou sielkundig moer. Krista bring daai bauer pan met die dikboom sulke mannetjies maak my die moer in.
Sterkte!
ek het vir my man 3 kinders gegee. ek gee als vir my man ek doen alles vir my kinders en my man maar wel dis nie goed genoeg nie hy surf die web vir kaal mans en dan se hy vir my hy is nie gay hy hou net van die web sides hy help my met niks nie hy behandel my sleg ek voel so alleen ek het geen vriende nie my familie is ver hy steek goedere vir my weg hy is sleg met my wat het ek in die lewe gedoen om dit te verdien
ek weet hoe jy voel, al wat ek vir jou kan se is, BID vir jou man, gaan kerk toe as hy nie wil saamgaan nie, los hom, maar moenie vir hom ophou bid nie, vra die Here om hom los te maak. As jy eendag die geleentheid kry, gaan kyk gerus na GRETHA WIID sys ‘n uitstekende persoon wat huwelike betref, kry van haar cd’s bestel dit deur die pos. jy sal nie spyt wees nie, gaan kyk op haar website, google dit, gretha wiid. sterkte.