jump to navigation

Bieg maar…! Augustus 2, 2008

Posted by Kaal Kop in Kaalkop praat.
trackback

Ek dink elke ou kan hier kom sê wat hy wil en hoe hy wil.  As dit hom laat beter voel, waaroor ookal, laat hom afpak en sy sê sê.  Daardie persoon voel dalk beter, al het hy nie regtig raad gekry nie. 

Die ou wat dit nie wil lees nie, moet dan nie weer hier kom lees nie.  Ek dink gun elke een ‘n plekkie om iets te sê, al is dit hier waar hy anoniem kan bly.  Waar hy van sy bagasie kan ontslae raak…. en dan beter kan voel.

Daar is dalk in elke een wat wat ookal kom sê, ‘n seer wat hyself nie kan hanteer nie.  Mense probeer ontslae raak van emosionele seer! Mense, glo ek, sal nie sommer dinge sê omdat sê sê is nie – sulke dinge (wat oa hier genoem is), is tog moontlik?!

Comments»

1. maxie - Augustus 3, 2008

/me sekondeer. Dankie vir die inisiatief wat jy aan die dag gelê het met die blog.

2. Pagoda32 - Augustus 4, 2008

Kaalkop

Ek ken jou nie, maar ek glo jou hart sit op die regte plek.

As die blog dan sosseer net gaan oor “afpak en beter voel na die tyd”, fine…ek stem. Maar sluit dan comments.

As ek kyk na hoe diegen op die “porno” post gecomment het, en die persoon wat die post geplaas het neem daardie comments aan as die voldwonge waarheid, gaan dit meer skade aan daardie persoon se huwelik doen as goed.

Raad oor sensitiewe onderwerpe moet geensins gegee word deur “judgemental” persone, verontregte persone of persone wat hulself sien as ‘n soort van Dr Phil nie. En dis presies wat jy gaan kry hier. Ek weier om te glo dat elke persoon wat sy storie hier laat nie gaan terug kom om te sien wat ander te se het nie.

Dit kos net ‘n handvol mense wat saampraat oor ‘n vooval waar hulle GEEN agtergrond omtrent die voorval het nie, nog minder ‘n karakterskets van beide persone in die geval (dis dan nou anoniem gedoen…) en daardie oorspronklike poster skaad sy huwelik, familie, kinders, familieverhoudinge vir ewig.

Kan jy saamleef met sulke gevalle? Is die hits wat ‘n blog soos die dan genereer die moeite werd?

Ek twyfel my vriend.

Met alle respek bedoel, jou hart mag dalk op die regte plek sit, maar die blog is nie deurdink nie.

Daar is ‘n rede waarom mense geld betaal vir advies.

3. unobastardo - Augustus 4, 2008

Maxie – dankie vir jou ondersteuning, maar ek moet net een iets regstel. Ek is die skepper van hierdie blog, ja, maar ek is NIE die skrywer van hierdie post nie.

Pagoda – ek lees nou al ‘n rukkie jou kommentaar hier en ek wonder hoekom jy so verskriklik negatief en gekant is teen hierdie blog. Niks hiervan is persoonlik nie, niemand HOEF hier te kom lees of skryf nie en ook geen raad te volg wat hulle hier kry nie. Wat is jou probleem nou eintlik?

Net soos enige ander plek, hou verby as jy nie gemaklik voel met wat hier aangaan nie. Daar is ander mense wat hierdie spasie waardeer. Ekself skryf nie hier nie en gee ook nie raad hier nie, maar ek sien ook nie dat enige iemand anders wat hier raad gee, hulself uitgee vir professionele mense soos dokters of sielkundiges nie.

Nie alle mense het altyd die middele of toegang tot professionele hulp nie en soms help dit om iets bloot net uit iemand anders se perspektief te sien. Nerens word hierdie blog geadverteer as ‘n plek waar jy professionele advies of hulp kan kry nie. Net maar ‘n plek waar jy jou hart kan uitpraat.

Koel af, boeta, of hou verby en los hierdie mense wat die behoefte het om hier te praat in vrede.

4. Pagoda32 - Augustus 5, 2008

Ek is koel my vriend. En oopkop. Ek weet ongelukkig reeds van die blog daarom voel ek reeds ingetrek. Ek is hewig daarteen gekant om terug te sit en te sien hoe mense hulle lewens verwoes.

Diegene wat my ken, en ek kan name noem van mense in ons blog gemeenskap, weet waar my hart le en dat ek enigiets sal doen om iemand se hartseer en moedeloosheid te laat verdwyn.

Stem ek saam met wat hier gebeur? Nee. Glo ek jy moet jou blog sluit net oor ek so se? Nee. Dis jou keuse…en soos met alle goeie keuses wat mens in die lewe maak gaan dit gepaard met debat en selfondersoek. En as ek slegs ‘n saadjie kon plant omtrent die leed wat so iets rerig kan doen aan mense en hulle families, wel …dan’s ek gelukkig.

As jy wil debatteer en jou punt lug, maak so. Dis waaroor gesprek gaan. Kan ek egter een versoek rig aan jou, moenie na my as “boeta” verwys nie. Ek is twee mense se kind en een se broer. Dit stop daar. Om “patronizing” te word is nie die antwoord nie.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.