jump to navigation

Verhoudings: aanvaarbare sonde September 9, 2008

Posted by Kaal Kop in Kaalkop praat.
5 comments

Watter sonde is meer aanvaarbaar:

Om net een vrou (man) te hê en haar (hom) te verwaarloos

of

om meer as een vrou (man) te hê en beide (almal) op die hande te dra?

Slim kinders…… Vra hulle enige tyd alles! September 4, 2008

Posted by Kaal Kop in Kaalkop praat.
4 comments

Wel ek word soms regtig vies dat hulle mens sommer in die rede kan val oor enige ding!  Soms kan dit ook ‘n verleentheid wees!

Met sekretaresse dag agter die rug, het hierdie slim jong man iets genoem wat my laat wonder het:

“Hoekom is moedersdag ‘n geldmaak-dag maar nie sekretaresse dag nie… Sy verdien mos ‘n salaris…”

Wel, ek wonder nou ook!  Hoe dink julle?  Wat het julle (mans) se sekretaresses gekry?

Wanneer is te veel, te veel?

Swaaibrug September 4, 2008

Posted by Kaal Kop in Kaalkop praat.
12 comments

Wiegend hang die swaaibrug

Teen die waterval se duiselende rug

Jy is daar; ek is hier

Tussen ons die afgrondrivier

Iewers word ‘n lewe omgeween

Soek verby die sproeireen

Kyk verby die waterval en die rivier

Sien die brug; sien my hier

Is dit die brug, rivier, ek of jou rug

Wat maak jou weifel; hou jou terug

Ek is jou toekoms; kom na my

Ek wil my aan jou wy

Iewers het ons ‘n lewe in gemeen

Soek verby die sproeireen

Kyk verby die waterval en die rivier

Sien die brug; sien my hier

Jy is daar; ek is hier

Tussen ons bly die rivier

Ek roep jou; jy draai jou rug

Maar daar bly ‘n swaaibrug

Iewers het ons ‘n toekoms in gemeen

Soek verby die sproeireen

Kyk verby die waterval en die rivier

Sien die brug; sien my hier

Ek wil joune wees; myself vir jou gee

Die brug gee nie mee; neem die eerste tree

Vergeet van die afgrondrivier

Ons het ‘n toekoms om te vier

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.