jump to navigation

Verhoudings: aanvaarbare sonde September 9, 2008

Posted by Kaal Kop in Kaalkop praat.
trackback

Watter sonde is meer aanvaarbaar:

Om net een vrou (man) te hê en haar (hom) te verwaarloos

of

om meer as een vrou (man) te hê en beide (almal) op die hande te dra?

Comments»

1. Alma - September 9, 2008

Wie het geld om meer as 1 te he vandag? Ek dink as jy so redeneer staan jy agter die deur, want jy het belowe om deur dik en dun mekaar by te staan….

2. Nicolas - September 10, 2008

Die ideaal is om deur dik en dun by mekaar te staan – natuurlik! Dis ‘n given.

Of iemand agter die deur staan, maak seker nie saak ten einde die vraag te antwoord nie? Maar ek lei af dat jy reken altwee is ewe erg, Alma?

Hmm… nou wat nou as een man te veel man is vir net een vrou?

3. Piranah - September 15, 2008

Ai..alle mans wil graag DIT glo! (…te veel man vir net een vrou). Dit val so saam met “…maar dis ons jagtersinstink, ons is so gemaak!” Ek dink party mans kan net nie vorder verby die vleeslike nie. Alle paaie lei na Rome, ne?

Is dit sonde om iemand nie op die hande te dra nie? Waar lê die kwalifikasie vir sonde in hierdie vraag hierbo? By die hoeveelheid mans/vrouens, of by hoe goed hulle behandel word?

4. Nicolas - September 17, 2008

Die sonde setel sekerlik in die verbreking van die troubelofte? Of dit verbreek word deurdat daar nie getrouheid aan net een persoon is nie? Of dit verbreek word deurdat die troubelofte nie gestand gedoen word nie wanneer die gekose persoon verwaarloos word / sleg behandel word?

Is “ontrouheid” werklik beperk tot die vleeslike?

5. Sandra - September 29, 2008

Daar is nie ‘n meer aanvaarbare of minder aanvaarbare of groot of klein sonde nie. Sonde is sonde punt. Ons almal doen sonde, maar ons kan dit nie regverdig deur dit minder of meer verkeerd te maak nie.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.