Hoe werk Kaalkop
Voorheen was Kaalkop genoem Biegblok, maar die nare heks het gekom en Biegblok getoor en toe word hy Kaalkop.
So, Kaalkop is nog steeds Biegblok, net in ‘n ander gedaante. Elkeen van ons voel soms om iewers ons las af te pak, sonder dat ons onsself wil bekend maak. Dis waarvoor hierdie blog hier is.
As jy iets Anoniem hier wil skryf, log in as volg
Username: onsgeheime
Password: kaalkopbieg
En dan praat jy, vertel jy of bieg jy; net wat jy wil – dit bly Anoniem en niemand kan dit terugverwys na jou nie, wie jy ook al mag wees. Na jy geskryf het, druk jy :Submit for Review” (nie meer “Publish” nie) Ek, as Administrator, sal binne 24 uur jou post publish en onderneem om nie aan jou skrywe te verander of karring nie, mits jy nie ander bloggers onnodig aanval nie. Dit is steeds Anoniem en NIEMAND sal weet wie jy is nie.
Lekker skryf!



Comments»
No comments yet — be the first.