Swaaibrug September 4, 2008
Posted by Kaal Kop in Kaalkop praat.trackback
Wiegend hang die swaaibrug
Teen die waterval se duiselende rug
Jy is daar; ek is hier
Tussen ons die afgrondrivier
Iewers word ‘n lewe omgeween
Soek verby die sproeireen
Kyk verby die waterval en die rivier
Sien die brug; sien my hier
Is dit die brug, rivier, ek of jou rug
Wat maak jou weifel; hou jou terug
Ek is jou toekoms; kom na my
Ek wil my aan jou wy
Iewers het ons ‘n lewe in gemeen
Soek verby die sproeireen
Kyk verby die waterval en die rivier
Sien die brug; sien my hier
Jy is daar; ek is hier
Tussen ons bly die rivier
Ek roep jou; jy draai jou rug
Maar daar bly ‘n swaaibrug
Iewers het ons ‘n toekoms in gemeen
Soek verby die sproeireen
Kyk verby die waterval en die rivier
Sien die brug; sien my hier
Ek wil joune wees; myself vir jou gee
Die brug gee nie mee; neem die eerste tree
Vergeet van die afgrondrivier
Ons het ‘n toekoms om te vier
Kaalkop, dis pragtig! Ek hoop die een vir wie jy dit geskryf het gaan dit raak lees. Dit is die mooiste, mooiste liefdesverklaring ooit.
Die een vir wie hierdie gedig geskryf is, het dit raakgelees.
Partykeer is woorde nie genoeg om iets special te beskryf nie! Dis pragtig!
Droomskerf, ek is gedaan gesoek na woorde om uitdrukking te gee aan dit wat ek op hierdie oomblik ervaar. ♪ 🙂 ♪
Díé droom is so groot
die droom is so vol
selfs net ‘n skerfie
is genoeg om
in ‘n nag vol wag
te roep: jou naam
Kris Kras, partykeer wil ek nie my gedagtes verwoord nie, ek wil eerder net in stilte toelaat dat die skoonheid deur my vloei en my siel versadig.
@ Mefri
Dit is inderdaad die vermoë om in stilte jou siel toe te laat om ditself te versadig aan ongebonde skoonheid, wat iemand soos jy onderskei as ‘n individu.
Die versigtigheid waarmee jy met die gesproke (geskrewe) woord omgaan, skets ‘n beeld van ‘n besonder broos siel … bewonderenswaardig.
Mag gedagtes jou padkaart wees;
Mag woorde watte vir jou siel wees.
KK
Mefri was daar, het jy maar net jou hand deur die misgordyn gesteek……..
En nou is die mis weg, Mefri weg en die ontasbare hand reik soekend na wat kon wees.
On a clear day, you can see forever……
ek vorm deel van die sterre se skitter
ek raak aan die hemel se soom
tog weet ek
alles bly maar steeds net ʼn droom
hoekom maak alles dan so genadeloos seer
hier waar ek alleen staan
in die middel van die brug?
word my siel
uitmekaar verskeur
tussen vorentoe en terug
Mag ek asb swaaibrug op my site sit?